Theresa van Baalen 

 

THERESA VAN BAALEN

2 x ATKV bekroonde Afrikaanse kinderverhaal skryfster

Ons omgewing is vol besondere mense. Theresa van Baalen is een van hulle. Haar skryfloopbaan het begin met die publikasie  van n kortverhaal in die Sarie tydskrif in 1998. In die vroe 2000s het sy deelgeneem aan n kinderstorie kompetisie in die Baba en Kleuter tydskrif. Van haar eerste inskrywing het daar niks gekom nie. Met die tweede poging het Miemie du Plessis van Lapa Uitgewers haar gebel en ges dat sy nie moet ophou probeer nie, want sy is een van die tien beste inskrywings wat nie die pyp gerook het nie. Met haar derde poging was sy n naaswenner saam met Fransie Greyling en Leon de Villiers.

In 2007 / 2008 is daar 3 van haar gedigte opgeneem in die Nuwe Kinderverseboek saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotz-Myburgh.

In 2009 het Aspris-krokkedis, n kleuterverhaal op rym geskryf, die lig gesien, en in 2010 die ATKV kinderboek toekenning ontvang in die voorleesafdeling 3 6 jaar. In 2010 verskyn Karla Krullebol op die mark en ontvang in 2011 dieselfde toekenning.

Aspris-krokkedis het ook in 2012 die Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur gewen. Dis 'n toekenning wat een keer elke drie jaar gemaak word, deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

 

Klik op die media kontrole hieronder om te hoor hoe Theresa haar skryfloopbaan beskryf in haar eie stem (4 min 12 sek):

 

As die kontrole hierbo nie werk nie, klik op die skakel hieronder om dit in 'n eksterne speler te speel, of regs-klik en "Save target as ... " om dit op jou rekenaar te stoor en dan te speel.

Luister na Theresa van Baalen

Theresa is op die oomblik besig om haar hand te waag aan volwasse romans. Volharding en n passie vir skryfwerk,  maak haar een van die edelgesteentes van die Diamantkus.

 

CLICK HERE TO VISIT THE PORT NOLLOTH INFO WEBSITE


 

Web design and maintenance by Fish Eagle Productions, Port Nolloth. Call Christo Conradie, +27826426356 (RSA) , or e-mail:  christo@fisheagleproductions.co.za

www.fisheagleproductions.co.za

 

Sitemap