Dis Al Akkommodasie

As u deur die Richtersveld toer en 'n paar dae wil oorbly in McDougallsbaai, Port Nolloth, bied ons vir u skoon en goed toegeruste selfsorg akkommodasie aan met 'n egte see-vakansie atmosfeer teen bekostigbare pryse. Ons wooneenhede het 'n seeuitsig en is 'n klipgooi van die strand af.

DIS AL bestaan uit vier eenhede, DROOM, ONTSPAN, WEGBREEK en RUSKANS. Elke woonstel bied 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en en-suite badkamer met stort en toilet, asook twee enkelbeddens in die voorkamer. Die aparte badkamer het 'n bad en toilet, en die kombuis is volledig toegerus. Op die stoep is daar 'n buite braaiplek met 'n seeuitsig.

Dis Al McDougallsbaai 

Vir besprekings of verdere navrae kontak gerus vir Lynette Koegelenberg by sel no 0813716258, e-pos disal@telkomsa.net of faks na e-pos no 0867765531.

Fisiese adres: Dougallstraat 3576, McDougallsbaai, Port Nolloth, Richtersveld, Namakwaland, Noord-Kaap, Suid Afrika.

________________________________________________

Web design and maintenance by Fish Eagle Productions, Port Nolloth. Call Christo Conradie, +27826426356 (RSA), or e-mail:  christo@fisheagleproductions.co.za

www.fisheagleproductions.co.za

 

 


________________________________________________

Sitemap

______________________________________________