SANDFEES 2011

McDougallsbaai - Port Nolloth

 

Die Sandfees in McDougallsbaai op oujaarsdag het al 'n jaarlikse instelling geword. Van 10 uur in die oggend af is daar strandaktiwiteite en begin die manne hulle sonsambrele op te slaan voor die verhoog en die skottelbraaie reg te kry. Hiedie jaar het die weer perfek saamgespeel met 'n gematigde relatief windstil dag en geen wolke of mis nie. Die hoofarea van die fees is op die plaveide strandfront voor die Port Indigo Gastehuis, en die straat was gesluit tussen die ingang na die karavaanpark en die "slipway" se pad voor George se museumpie.

 

 

Deur die loop van die middag is daar gesing, gebraai en talentkompetisie gehou.

 

 

Die rustige atmosfeer op die strand sonder 'n gewoel en vertrapping was 'n lafenis vir die siel.

 

 

Verskeie stalletjies was beskikbaar wat alles en nog wat verkoop het, soos ta' Emma se Opelug Veldkombuis hieronder wat die fees 'n regte Weskus karakter gegee het.

 

 

Kort voor sononder het die finaliste van die Mej en Mev Sandfees kompetisies hulle verskyning gemaak en is die wenners gekies.

 

         
 

Tydens die finale rondtes van die skoonheidskompetisies het die laaste sonsondergang van 2011 aangebreek en 'n feitlik windstil gesellige aand ingelui.

 

         
 

Deur die loop van die aand is daar musiek gemaak en heerlik gedans terwyl die geur van skottelbraai geregte in die lug gehang het.

 

 

2012 het aangebreek met kersliggies by die sandfees en verskeie vuurwerke wat op die strand geskiet is. Teen 01h00 was die feesterrein opgeruim en die strate rustig. Dit was besonder verblydend dat daar geen teken was van 'n gejaag van motors en motorfietse in die strate na 12 nie, en dat openbare dronkenskap feitlik glad nie bestaan het nie. 'n Sterk polisie teenwoordigheid in McDougallsbaai en by die feesterrein het waarskynlik grootliks hiertoe bygedra.

 

         
 

Vir diegene wat hou van 'n geselligheid tussen mense op oujaarsaand, maar sonder 'n vertrapping en erge rumoerigheid, is daar dalk nie 'n beter plek om die oujaar uit te sien as by die sandfees op McDougallsbaai nie. Dankie aan die personeel van Port Indigo Gastehuis en Richtersveld Toere vir hierdie unieke geleentheid wat julle geskep het! 

Click here to visit the Port Nolloth Info website 

 

________________________________________________

Web design and maintenance by Fish Eagle Productions, Springbok. Call Christo Conradie, +27826426356 (RSA) / +264817566444 (Namibia), or e-mail:  christo@fisheagleproductions.co.za

www.fisheagleproductions.co.za

 


________________________________________________

Sitemap

______________________________________________