Google

Soutpan Safarikamp Port Nolloth Akkommodasie

                                                          Change to  English



"value added experiential immersive eco-tourism" 


Welkom by Soutpan Safarikamp Port Nolloth!!

 

Kom ervaar die hart van Port Nolloth en die Richtersveld semi woestyn by ons kampvuur, houthuisies en private, veilige en beskutte safari kamp.

 

Ons teikengroep is avontuurlustige, nederige sakpas reisigers wat op soek is na iets anders as die gewone, daarvan hou om in die opelug te stort, met hulle voete teen 'n kampvuur te sit, en wat tuis is in 'n sandveld en kamp omgewing. By ons kan jy werklik die gevoel kry van die semi-woestyn en die mynbou geskiedenis van Port Nolloth en die Richtersveld, in 'n veilige, vriendelike en gasvrye atmosfeer. Gaste wat die normale stedelike tipe akkommodasie, hokkie-karavaanparke en fancy lodges verkies, vind hulleself nie tuis hier by ons nie.

Alhoewel ons nie 'n see uitsig het nie (700m van die see af), kan ons snags die see hoor. Ons het ook nie TV's nie - ons tipiese gaste verkies om net saam met mekaar te ontspan en te kommunikeer. Ons is heeltemal van die elektrisiteits network af, en gebruik gas in die kombuis en vir warm water, terwyl sonpanele krag voorsien vir ligte, selfone en rekenaars. Haardroers, elektriese  ketels en verwarmers kan dus nie hier gebruik word nie.

Die Kamp bestaan uit 3 houthuisies wat elk 4 mense kan huisves (1 dubbelbed en 2 enkel beddens), en is elk toegerus met 'n buite kombuis. Die gedeelde buite stort en buite toilet is opelug dog privaat. Daar is ook 'n groot beskutte kampvuur area met 'n tafel waarom 12 mense kan sit. Die Kamp kan 12 mense huisves insluitende kinders, en is dus uitstekend vir groter groepe en families.

Die area is omring met 2m 95% skadunet om privaatheid te skep en die wind weg te hou. Die hele kamp is omhein met 'n 2m draadheining en 'n oop buffer sone, en ons geliefde Great Dane is die hoof sekuriteits beampte. Dit verseker veiligheid vir jou en julle voertuig, en hou die kinders uit straat gevare uit.

Bring saam:

Beddegoed
Kruideniersware
Vloeibare verversings
Braaihout
Kampstoele
Ons voorsien:

Gas geyser
Sonkrag vir ligte en ligte kragtoestelle
Braaipotjie en rooster

In die kombuishuisie

Kombuisware
Gasplate
Koel boxe

    

Aan ons Noord en Noordooste kant is dit oop sandveld omgewing, terwyl die dorp met sy industriele gebied Wes en Suid van ons gelee is. Die Sizamile woonbuurt is sigbaar sowat 'n kilometer na die Ooste toe.

Soutpan Safari Kamp is sowat 500 m van die Port Nolloth besigheids gebied en 700 m fvan die see af.

As jy 'n avontuurlustige en nederige reisiger is, sal ons jou graag hier by ons plekkie verwelkom!.

Ons vorige besoekers se opinies:
 


Port Nolloth accommodation  
TARIEWE

R450 per bungalow vir maksimum 4 mense


Kontak en bespreek by ons direk:
Christo of Kittie - 0826426356 / 0763296840  
E-POS: christoconradie08@gmail.com

 
Map to Soutpan Safari Camp Port Nolloth
 
"Our focus is on value added experiential immersive eco-tourism, which puts you in touch with the natural, economical and political history of this semi desert landscape."
 
        
Slegs sonkrag
Omgewings vriendelik - geen fondasies


Teenaan die dorp maar tog geisoleerd

"...ons sal dit verseker aanraai vir die mense wat hou van die buite lewe en regtig by die hart van n plek wil uit kom ..."
 
 
 
Klik hier vir meer inligting oor Port Nolloth en die omgewing
Fish Eagle Productions

Web design and maintenance by Christo Conradie, Port Nolloth.
Call him on+27826426356 (RSA), or 
E-MAIL

Fish Eagle Productions